top of page

Wat is jou grense; moet jy grense hê?

  • Writer: Bernice Engelbrect
    Bernice Engelbrect
  • Jul 19, 2018
  • 3 min read


Dit is die jaar 1985. Jou Pa was nog nooit regtig baie romanties nie, so toe hy die verloofring by die juwelier gaan optel en hy later die middag saam met jou Ma op pad is om tennis te gaan speel; kan hy homself nie keer nie. Voor hy tyd het om presies te beplan wat hy wil sê, stop hy die motor net daar langs die pad. Daar is niks besonders aan die spesifieke plek nie, hy kon net nie meer wag nie. Jou Ma wonder ’n oomblik wat aangaan, maar klim uit toe hy halfpad om na die passasierskant haar naam roep. Toe sy die deur oopmaak sien sy hom op sy een knie staan met die ring na haar toe uitgehou. Hy het haar lief en hy wil die res van sy lewe saam met haar spandeer. Sy sê Ja sonder om twee keer te dink, want dit was haar droom. Hulle besluit om sommer van die telefoonhokkie langs die tennisbaan af hulle ouers te bel. Hulle deel die opwindende nuus met hulle ouers en haar Ma se laaste woorde voordat die telefoon se krediet opraak is: “Ek kan nie wag om die ring te sien as ons kom kuier vir jou verjaarsdag nie, Sus!”


In 2018 klink hierdie verhaaltjie eenvoudig. Daar was nie foto’s om die oomblik vas te vang nie. Party mense het eers met hulle trou uitnodiging in die pos uitgevind daar was ’n verlowing. Net ’n klein handjie vol vriendinne en haar Ma het gevra om die ring te sien en die trou foto’s na die tyd was netjies vasgeplak in ’n foto-album wat byna eers weer deurgeblaai is toe die kleintjies graag wou sien hoe hulle Ma se trourok lank terug gelyk het.


Vandag is ons realiteit soveel anders. Die dokumentering van elke oomblik is krities in die deel daarvan met die res van die wêreld. En so ook dan die aanspraak van die wêreld met hulle verwagting om te weet en te sien, so asof die wêreld reg voorbehou om te oordeel en ’n opinie te hê oor mense se keuses vanuit die gerief van sy eie huis.

Nuuskierigheid het oor die afgelope 30 jaar die geleentheid gekry om te groei en evolueer van ’n buurvrou wat probeer afluister waaroor haar bure op die stoep sit en gesels tot ’n uur-lange soektog op Instagram na Mej Wêreld se vorige kêrel, omdat Nuuskierigheid losgelaat word.


Totale oorkompensasie vir die vrees om “agter te raak” of die self-regverdiging dat dit in ons lyn van beroep of die middel is tot ons ewige behoefte om ’n invloed op ander te hê; maak dat ons die stem in ons binneste ignoreer wat soms ’n gedagte by jou laat opkom of dit nie te veel is nie?


Wat is te veel; te lank; genoeg?


Die absolute gerief en vreugde wat ’n ouma het wanneer sy nie meer aanhoudend vir haar kinders hoef te vra om foto’s van die kleinkinders te stuur nie, maar dat sy self kan sien hoe hulle deur elke fase van die grootword proses vorder deur wat hulle ouers met die wêreld deel, word nie vir ’n oomblik in twyfel getrek nie. Die waarheid dat vreugde en oomblikke wat gedeel word met ander ook jou eie vreugde vermeerder is so waar. Dis die grens tussen dit en die afhanklikheid daarvan wat ons elke dag terg.


Die ding is. Daar is nie regtig meer enige iemand wat nie deel is van die sosiale kuberruim nie. Op een of ander manier is ons almal deel daarvan. Dit gaan dus nie daaroor om ’n oorlog te probeer veg nie. Dit is die wêreld soos ons dit ken vandag. Jy moet jouself afvra: wat is die grense, moet jy grense hê?


Die antwoord op die vraag is nie in klip gegiet nie. Die goeie nuus is dat dit elke mens se keuse is om te kies hoe afhanklik jy van die wêreld wil wees. Die skrywer C.S Lewis sê:


“If we find ourselves with a desire that nothing in this world can satisfy, the most probable explanation is that we were made for another world.”

 
 
 

Comments


© 2018 Gemmer & Kaneel. Geskep deur Wix.com

bottom of page